Original Research

Onderwysersopleiding*

G. J. du Toit
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 36, No 3 | a1296 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v36i3.1296 | © 1968 G. J. du Toit | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1968 | Published: 07 February 1968

About the author(s)

G. J. du Toit,, South Africa

Full Text:

PDF (405KB)

Abstract

In die geskiedenis kom die verskynsel telkens voor dat besondere aandag aan die onderwys geskenk word in krisistye wanneer materiële teëslae ondervind word of wanneer ’n lewensbeskouing wat lank gehuldig is, teleurstel. Dit is dan ook begryplik dat die onderwys in die huidige tydstip van die dreigende verval van Westerse gesag deur toonaangewende lande aan indringende ondersoek onderwerp word. Bloot as verteenwoordiger van die Westerse beskawing in Afrika sou die Republiek van Suid-Afrika dus al dringende aandag aan die vraagstuk moes skenk van hoe die onderwys en opvoeding ten voordeligste aangewend kan word om die toenemende verval te help stuit en ’n nuwe periode van vooruitgang en beskawingsgroei teweeg te probeer bring. Maar die blanke volk hier te lande verkeer nog in ’n veel eiesoortiger en kwesbaarder posisie as die meeste Westerse nasies van wie hy afstam. Die feit bly staan dat ons ons vorm van beskawing nog nie onomkeerbaar in hierdie land gevestig het nie. Meer as enige land van Europa of die Nuwe Wêreld staan ons in gevaar van oorrompeling deur barbarisme wat van buite dreig. Om die rede kan ons miskien minder as enige ander land bekostig dat daar interne onsekerheid is oor wat ons as enkelinge en as volk nastreef, want dit kan in sy konsekwensie slegs tot twyfel en gebrek aan eenheid lei. As ons hierby voeg die noodsaaklikheid om binne dekades oor te skakel na ’n nog gekompliseerder nywerheidsamelewing, om ’n nuwe en menswaardige bedeling uit te bou vir die saambestaan van rasse van Europese, inheemse en Asiatiese oorsprong, elk met sy eie kulturele en tradisionele agtergrond, en om die volgehoue en toenemende internasionale druk op ons beleid die hoof te bied, dan is die omvang wat die onderwystaak in hierdie land aanneem duiselingwekkend.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1016
Total article views: 1139

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.