Original Research

Eugenetika en die medies-genetiese behandeling van die mens. Deel III

H.W. Hitzeroth
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 40, No 3 | a830 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v40i3.830 | © 1975 H.W. Hitzeroth | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 January 1975 | Published: 28 January 1975

About the author(s)

H.W. Hitzeroth, Afrika-Instituut, South Africa

Full Text:

PDF (566KB)

Abstract

Met die ontwikkeling van effektiewer medies-genetiese metodes van behandeling (vgl. Deel II) sal — so word daar gemeen — die latente eugenetiese doelstellings en ideale van weleer tans eerder verwesenlik kan word. Die na-oorlogse ontplooiing van eugenetika soos veral gedokumenteer tydens die CIBA-Simposium (1962) in Londen het dan ook baie opspraak verwek. Die grondslag wat daar gelê is, was grootliks rigtinggewend vir alle daaropvolgende besprekings van eugenetika. By die toekomstige verwesenlik wesenliking van eugenetiese ideale, moet hoofsaaklik twee uiteenlopende terreine onderskei word, nl. eugenetika in die streng sin van die woord en eufenika. Eersgenoemde is toegespits op ’n egte en oorerfbare verbetering van die genetiese sam estelling van die mens, d.w.s. ook van sy kiemselle, terwyl laasgenoemde toegespits is op die fenotiese kompensasie van liggaamlike gebreke. Albei benaderings word dikwels in ’n wye sin as “eugenetika” saam groepeer en ook aanvullend tot mekaar gepropageer.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 894
Total article views: 1325

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.