Original Research

Eugenetika en die medies-genetiese behandeling van die mens. Deel II

H.W. Hitzeroth
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 40, No 2 | a821 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v40i2.821 | © 1975 H.W. Hitzeroth | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 January 1975 | Published: 28 January 1975

About the author(s)

H.W. Hitzeroth, Afrika-Instituut, South Africa

Full Text:

PDF (309KB)

Abstract

Die vooruitgang van die mediese wetenskap het toenemend terapeutiese tegnieke en metodes opgelewer wat dikwels met konvensionele denke en norme in botsing gekom het, voordat hulle uiteindelik deur die gemeenskap in ’n mindere of meerdere mate aanvaar is. Byvoorbeeld die eerste toediening van verdowingsmiddels tydens die geboorteproses deur die medikus Simpson (Edinburgh in 1842) het destyds van die publiek en die kerk ’n hewige reaksie ontlok. Daar is destyds onder andere die Bybelse argument aangevoer: “Met smarte sal jy kinders (moet) baar” (Genesis, 3:16). Skaars 50 jaar gelede is Margaret Sanger in die tronk gesit omdat sy geboortebeperking in die openbaar bepleit het terwyl die stigting van ’n “Institute of Family Planning” deur Marie Stopes in Londen destyds as ’n openbare skandaal beskou is. Hierdie episodes is vandag feitlik vergete geskiedenis maar hulle dokumenteer die drastiese verandering wat daar in die algemeen t.o.v. tradisionele opvattinge en norme in hierdie verband ingetree het.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 885
Total article views: 1414

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.