Original Research
The impact of Christian Higher Education on the lives of students and societies in Africa
Submitted: 09 July 2012 | Published: 15 April 2013
About the author(s)
Petria M. Theron, North-West University, South AfricaAbstract
Die impak van Christelike Hoër Onderwys op die lewens van studente en gemeenskappe in Afrika. Korrupsie is ’n wêreldwye probleem. Outeurs stem nie net saam dat dit op persoonlike vlak aangespreek moet word nie, maar hulle moedig almal ook aan om betrokke te raak in die stryd teen korrupsie. Dit kan net gebeur as individuele transformasie reeds plaasgevind het. In hierdie artikel lewer Chipapata, Fátima en Jacinto se persoonlike verhale getuienis van die potensiële waarde van Christelike Hoër Onderwys (CHO) met betrekking tot die morele en geestelike transformasie van individue in plaaslike Afrikagemeenskappe. Hierdie drie persone was buitemuurse studente van Hefsiba in Mosambiek. Die impak van hierdie drie persone se studies strek verder as bloot hul persoonlike lewens. Dit is ook sigbaar in die gemeenskap waarin hulle woon en werk. Hulle het ingestem om hul verhale te vertel, beginnende by gebeure voor die aanvang van hul studies, hul ervarings tydens hul studies en hoe hul studies hul lewens, gesinne, werk en gemeenskap beïnvloed het. In hierdie artikel word die essensie, doel en inhoud van CHO aangespreek. Daar word geargumenteer dat studente se geloof en onderwys geïntegreer word deur CHO. Studente word dus nie net toegerus vir hul professies nie, maar behoort ook toegewyd te wees om konstruktief by die spirituele en materiële nood van hul gemeenskappe betrokke te raak. Dit mag moontlik ’n transformasie van die gemeenskap tot gevolg hê.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3033Total article views: 5391
Reader Comments
Before posting a comment, read our privacy policy.Post a comment (login required)
Crossref Citations
1. Transformed Individuals, Transforming the World: A Challenge to the Christian Church in Ghana
Joseph Kofi Antwi
E-Journal of Humanities, Arts and Social Sciences first page: 1197 year: 2023
doi: 10.38159/ehass.20234103