Original Research

Christelike hoër onderwys en die teologie

S. du Toit
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 10, No 4 | a1757 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v10i4.1757 | © 1943 S. du Toit | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 19 February 1943 | Published: 19 February 1943

About the author(s)

S. du Toit,, South Africa

Full Text:

PDF (190KB)

Abstract

Die woord „teologie” is veelsinnig en kan o.m. beteken: 1. Die kennis wat God van Homself het. 2. Die leerstuk in die Dogmatiek wat spesiaal oor die wese van God handel, of ook: 3. Die kennis van God wat geput word uit die openbaring, d.i. soos mense God ken. Dit is veral in hierdie laaste sin dat ons teenswoordig van teologie spreek, en dan word daaronder ’n liele sisteem van vakke verstaan, wat hul saambindingspunt daarin vind dat dit in almal ten slotte gaan om „die kennis van God.” Die idee van hierdie sisteem van vakke word beter weergegee deur die benaming „Godgeleerdheid.” Hierdie woord bring duidelik aan die lig wat ook in die Griekse „theologein” opgesluit lê. Dit kan naamlik, wat die afleiding betref, sowel „spreek oor God” as „nadink oor God” beteken. Die „spreek oor God” sal wel meestal eerste voorkom, omdat ’n mens al oor die Almagtige kan spreek, sonder dat juis oor sy wese en deugde nagedink en nagevors is. Vanself ontstaan egter die behoefte om „te peins oor God,” en hierin lê die wese van die saak. Die teologie het met God te doen. lemand wat hierdie sisteem van vakke beoefen, betree heilige grond en moet sy skoene uittrek. Met reg word dan ook gespreek van „heilige Godgeleerdheid.”

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 886
Total article views: 731

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.