Original Research

Exsodus van die Boerevolk

A. J. H. van der Walt
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 6, No 3 | a1738 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v6i3.1738 | © 1938 A. J. H. van der Walt | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 19 February 1938 | Published: 19 February 1938

About the author(s)

A. J. H. van der Walt,, South Africa

Full Text:

PDF (66KB)

Abstract

Die Groot Trek het in sekere sin begin toe in die begin van die 18e eeu die eerste veeboer-pionier sy gesin, sy huisraad en sy plaasgereedskap op sy kakebeenwaens gelaai het en na sy veepos, voortaan sy leningsplaas, verhuis het. Want alhoewel die Groot Trek nóg logies nóg histories ’n voortsetting van die 18e eeuse trekbeweging is nie, is die eerste sonder die laaste tog ondenkbaar. Die 18e eeuse verspreiding het die geharde Afrikaanse baanbreker gevorm, ’n mens met weinig behoeftes, en met die selfstandigheid en die handigheid om in daardie behoeftes self grotendeels te voorsien uit die betreklik skrale materiaal wat die bodem hom gebied het. Dit het die Afrikaanse binnelandbewoner fisies en psigologies mobiel gemaak en in hierdie mobielmaking lê die noodwendige voorwaarde vir die moontlikheid van die latere groot volksbeweging.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1356
Total article views: 1129

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.