Original Research

Beskrywing van Afrika in 1641

L. J. du Plessis
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 29, No 1-2 | a1561 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v29i1/2.1561 | © 1961 L. J. du Plessis | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 18 February 1961 | Published: 28 February 1961

About the author(s)

L. J. du Plessis, P.U. vir C.H.O., South Africa

Full Text:

PDF (124KB)

Abstract

Die orde vereis dat ons sal praat oor Afrika, die moeder van wonderlike dinge, wat gelei het tot die spreekwoord: Afrika bring altyd iets nuuts te voorskyn. In die Arabiese taal word dit genoem Iphrichia, van die woord faraca, wat dieselfde beteken as verdeel in Latyn; sommige dink dat dit so genoem is omdat dit van Europa afgeskei is deur die Middellandse See en van Asië deur die Nylrivier. (N.B. teenswoordig word die naam Afrika afgelei van Afer, die naam van een van die seuns van Hercules, wat volgens die legende ook in Noord-Afrika avonture beleef het, en sy seun agtergelaat het om hom met sy laer effe Wes van die latere Carthago te vestig. Die gewone klassieke naam vir Noord-Afrika was egter Libië, sodat ons eie nasie eintlik die eerste Afrikaners of „Pan-Africans” was, vanaf die 18e eeu altans. L. J. du P.).

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 888
Total article views: 998

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.