Original Research

Grondkundige navorsing in die hoëveld-streek*

J. H. Grobler
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 31, No 10 | a1486 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v31i10.1486 | © 1964 J. H. Grobler | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 11 February 1964 | Published: 11 February 1964

About the author(s)

J. H. Grobler,, South Africa

Full Text:

PDF (242KB)

Abstract

Die Landbounavorsingsinstituut van die Hoëveldstreek te Potchefstroom is die sentrum van navorsing vir die Hoëveldstreek, een van die sewe ekologiese landboustreke waarin die Republiek onderverdeel is. Met sy na- genoeg 11,500,000 morg boerdery-oppervlakte is dit die derde kleinste streek en beslaan dit slegs 11.1% van die totale oppervlakte van die Republiek. Die 4,389,881 morg grond onder bewerking verteenwoordig egter 51.8% van die totale bewerkte grond in die Republiek. Behalwe 'n klein gedeelte wat onder besproeiing is, word die grond aangewend vir droëland-boerdery. Dit beteken dat die sukses van die oeste in ’n groot mate afhanklik is van klimaatsomstandighede. Tot dusver het die mens nog nie daarin geslaag om die makro-klimaat in enige mate te beheer om daardeur risiko’s in die boerdery uit te skakel nie. Die grondklimaat kan egter beheer word deur agronomiese praktyke soos bv. deur die daarstelling van ’n „grondkombers” om verdamping te beperk en om so- veel as moontlik vog te bewaar vir plantegroei.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1045
Total article views: 1267

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.