Original Research

Die oorsprong van amptelike tweetaligheid in Suid-Afrika

A. K. Bot
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 31, No 5-6 | a1474 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v31i5/6.1474 | © 1963 A. K. Bot | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 11 February 1963 | Published: 11 February 1963

About the author(s)

A. K. Bot,, South Africa

Full Text:

PDF (121KB)

Abstract

Die jaar 1900. Op 13 Maart is Bloem fontein en op 5 Junie Pretoria deur die Engelse troepe beset. Daarmee het ’n einde gekom aan Hollands, die landstaal van die Republieke, as ’n am ptelike taal in Suid-Afrika. Dis w aar dat Hollands in K aapland ’n sekere m ate van  amptelik heid besit het (praat in die Parlem ent, vertaling van sekere regeringspublikasies, Dutch as opsionele eksamen- vak in die onderwys, ens.), m aar staatsregterlike gelyk- heid van Hollands m et Engels is nooit w etlik vasgestel nie. Engels was die enigste offisiële landstaal. Ewenso in Natal, w aar destyds om trent glad geen konsessies aan Hollands toegestaan was nie. Deur die verowering van die O ranje-V rystaal en die Zuid-Afrikaansche Republiek het die Engelse taal die Suid-Afrikaanse kolonies, van die Kaap tot die Limpopo, in die landsregering volkome beheers. Die strew e van lord Charles Som erset en sy navolgers in die vorige eeu is in 1900 deur lord M ilner bekroon.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 896
Total article views: 879

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.