Original Research

Swaziland staatkundige, administrate ewe en politieke aspekte

J. H. Coetzee
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 32, No 10 | a1442 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v32i10.1442 | © 1965 J. H. Coetzee | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 08 February 1965 | Published: 08 February 1965

About the author(s)

J. H. Coetzee,, South Africa

Full Text:

PDF (695KB)

Abstract

Deur na Swaziland te verwys as ’n protektoraat, is die status van die gebied nog geensins bo enige twyfel gestel nie. Die woorde van president Kruger aan die Britse Hoë Kom- missaris, nl. „Oembandien (Mbandzeni) weet en begrijpt vol- strekt niet wat een Protectoraat beteken”,1) het in die geval van Swaziland ’n veel groter draagwydte. Ook uit ander uit- sprake blyk dit dat Swaziland se posisie, hoofsaaklik t.g.v. die voortdurende bemoeienis van Groot-Brittanje in die poli- tiek van die Z.A.R., selde duidelik was. So beweer die Britse Minister van Kolonies, lord Ripon, in 1892 dat indien die Konvensie van 1890 sou ophou om van krag te wees en die Londense Konvensie weer in werking sou tree, die wonderlike toedrag van sake sou ontstaan dat die Z.A.R. ten gevolge van konsessies die mag sou hê om belastings te hef en te in sonder enige bestuursregte. Groot-Brittanje sou bestuursregte hê (hy verduidelik nie op grond waarvan nie — skr.) sonder mag om belastings te hef.2) Twee jaar later verklaar sir Henry Loch: Britse proteksie van Swaziland is nie alleen werk- lik onmoontlik nie, maar is polities en ekonomies onwenslik.3)

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 944
Total article views: 946

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.