Original Research

Die verbondeling in verband

J. A.L. Taljaard
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 32, No 5-6 | a1430 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v32i5/6.1430 | © 1964 J. A.L. Taljaard | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 08 February 1964 | Published: 08 February 1964

About the author(s)

J. A.L. Taljaard,, South Africa

Full Text:

PDF (355KB)

Abstract

Daar is dikwels en deur groot outoriteite al geskryf oor die mens in die samelewing. Hier wil ons egter die saak probeer aanraak uit ’n nuwe hoek, veral om die Skrifbeligting van die siening te benader. Vanselfsprekend verg hierdie benaming ’n skrifmatige mensbeskouing, maar ook ’n skrifmatige verbandsbeskouing. Die mens staan egter nie slegs in verhouding tot sy medemens nie maar ook in verhou­ ding tot stof, plant en dier. Boweal staan die mens in verhouding tot God, en hierdie verhouding is deurslaggewend vir al die ander verhoudinge waarin die mens hom bevind. Tog staan die mens ook in verhouding tot homself; wie kan die diepere roersele van die menslike siel peil, wie weet van die wroeginge, vreugde, leed en genot van die mens beter as hyself? Ook hierdie aspek verdien ons aandag. Op volledigheid kan nie aanspraak gemaak word nie, dit is ook nie my bedoeling nie. Die bedoeling is maar om die omvang van die tema aan te dui, die gedagtes te prikkel en veral om aan te spoor tot nuwe denkoriëntering waarin ook terminologies gebreek behoort te word met die neo-skolastiek binne reformatoriese lyn.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 821
Total article views: 925

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.