Original Research

Universitêre Musiekstudie

J. J.A. Van der Walt
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 32, No 3 | a1405 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v32i3.1405 | © 1964 J. J.A. Van der Walt | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 08 February 1964 | Published: 08 February 1964

About the author(s)

J. J.A. Van der Walt,, South Africa

Full Text:

PDF (491KB)

Abstract

Soos taamlik algemeen bekend, is die propedeutiese studie vir teologie, filosofie en medisyne aan die Middeleeuse universiteit georganiseer in die facultas ar- tium. Hierdie fakulteit, die voorganger van die huidige fakul- teit Lettere en Wysbegeerte, het die sogenaamde artes liberates of sewe vrye kunste omvat. Die artes liberates het in algemene sin die kennis ingehou wat as essensieel beskou is in die Antieke en Middeleeuse opvoeding van die vry burger, in teenstelling met die meestal meganiese bedrywighede van die slawe en lyfeienes. Die sewe vrye kunste het bestaan uit die drie taalkundige dissiplines van die Trivium, nl. gram- matika, dialektiek en retoriek, en die vier matematiese dissi­ plines van die Quadrivium, nl. geometrie, aritmetika, astrono- mie en musiek. Die woord „ars” moet hier nie as 'n sinoniem van die modeme begrip „kuns” verstaan word nie, aangesien onder „ars” in die Antieke en Middeleeue nie in die eerste plek die tegniese beheersing van die verskillende dissiplines ver­ staan is nie, maar eerder die wetenskaplike ondersoek en geestelike deurvorsing van hulle wese en opvoedkundige waarde.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 782
Total article views: 827

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.