Original Research

Vryheid en gebondenheid in die kuns

G. Dekker
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 32, No 2 | a1402 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v32i2.1402 | © 1964 G. Dekker | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 08 February 1964 | Published: 08 February 1964

About the author(s)

G. Dekker,, South Africa

Full Text:

PDF (233KB)

Abstract

Die vraagstuk van vryheid en gebondenheid in die kuns staan, nie alleen in ons land nie, op die oomblik in die sentrum van die belangstelling. Dis ’n onderwerp wat baie aspekte het. Daarom is dit nodig dat ek vooraf my terrein bepaal. Ek stel my voor, en ek meen ook dat dit van my verwag word, om dit suiwer prinsipieel te benader. D.w.s. ek sal nie ingaan op die uiters belangrike praktiese aspek van die beleid wat ons moet volg — en die probleme wat dit meebring nie — waar leiding gegee moet word aan die opgroeiende jeug en aan almal wat nie die geestesrypheid besit om ’n kunswerk suiwer esteties te beoordeel nie. Vir daardie taak, waarvoor elkeen van ons in een of ander samelewingsverband of -verhouding te staan kom, is ’n duidelike prinsipiële insig in die wese van kuns, sy vryheid en sy gebondenheid, gebiedende voorvereiste. Ook sal ek my moet bepaal tot enkele kernaspekte, wat ek in die kort tydjie tot my beskikking slegs heel in die algemeen sal kan aanroer.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 902
Total article views: 895

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.