Original Research

Die invloed van die reg op ons Suid-Afrikaanse beskawingspatroon

S. Postma
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 33, No 5 | a1381 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v33i5.1381 | © 1966 S. Postma | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 08 February 1966 | Published: 08 February 1966

About the author(s)

S. Postma,, South Africa

Full Text:

PDF (289KB)

Abstract

Die vraag of die reg ons beskawingspatroon beïnvloed kan sonder veel omhaal van woorde bevestigend beantwoord word as ons, uitgaande van bepaalde verskynsels eie aan ons be­ skawingspatroon, telkens aantoon dat daar regsbepalinge be­ staan wat 'n conditio sine qua non is vir die bestaan van bepaalde aspekte van ons Suid-Afrikaanse lewenswyse. ’n Indrukwekkende dog vervelige lang lys van gemeenregtelike en wetteregtelike bepalinge sou dan aan u voorgehou kan word as voorwaardelik vir die bestaan van bepaalde verskyn­ sels. Die gevaar bestaan egter dat onder die magdom van woorde noodsaaklik vir die voltooiing van hierdie indeks van regsoorsake met voortvloeiende gevolge binne die kader van wat ons beskawingspatroon genoem word, ’n breër perspektief verskuil gaan en ander bydraende faktore misgekyk word. Deur hierdie benaderingswyse sou tewens ook ’n aanmatigend belangrike plek en invloedsfeer aan die juridiese toegedig word. Die legalistiese beskouing dat die reg as ’n soort selfgenoeg- same grootheid met een pennestreep gehele biblioteke tot rommelpapier kan reduseer, soos Von Kirchmann in sy op- spraakwekkende geskrif: „Die Wertlosigkeit der Jurispru- denz als Wissenschaft" beweer, gaan mank aan die gebrek van eensydigheid en oormatige veralgemening.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 862
Total article views: 816

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.