Original Research

Ontsporing van die regstaatsbegrip en sy konsekwensies vir die afrikanervolk

N. G.S. Van der Walt
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 33, No 4 | a1367 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v33i4.1367 | © 1966 N. G.S. Van der Walt | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1966 | Published: 07 February 1966

About the author(s)

N. G.S. Van der Walt,, South Africa

Full Text:

PDF (159KB)

Abstract

Die opvatting van die suiwere regstaat bring sy vraagstukke mee wanneer dit in verband gebring word met die leer van die soewereiniteit in eie kring. Laasgenoemde leer wortel in die geloof dat God die mens roep tot diens aan Hom, en dat die mens vry moet wees om ten opsigte van alle lewensaspekte God na die hoogste mate te kan dien. Hierdie verskeidenheid van aspekte is deur dr. A. Kuyper en sy volgelinge gesistemati- seer tot menslike verbande en lewenskringe, elk met ’n be- paalde sfeer waarin ander kringe nie mag inmeng nie. Elkeen is dan soewerein binne sy eie kring. Met verwysing na die staat is dan gespreek van die staatstaak as synde die hand- hawing van die reg, en omdat die staat in toenemende mate hom veral in die latere tyd ook besig gehou het met bedrywig- hede wat nouliks as van juridiese aard beskou kan word, is daar die onderskeid gemaak tussen die primêre en sekundêre taak van die staat. Die sistematiek van die wetsidee, deur prof. Dooyeweerd ontwikkel, waar die staat sy bestemmingsfunksie in die regsaspek vind, het vanselfsprekend geen plek vir so 'n dualistiese staatstaak nie, en die oplossing is deur sommige daarin gesoek om sulke staatsoptrede te vertolk as hebbende wel betrekking op die regsgemeenskap of die regsverkeer. Staatsondernemings soos paaie, spoorweë, spellingreëling, ens. word dan beskou as noodsaaklik vir die instandhouding van die regsgemeenskap en regsverkeer. Tereg wys A. M. Donner1) daarop dat so ’n vertolking eintlik neerkom op ’n oorspanning van die regsbegrip. Hy self sien dan die staatstaak in vrede- of orde-handhawing, wat in die eerste plaas wel regshandha- wing veronderstel. Onder orde word dan alles verstaan wat noodsaaklik is vir die gladde verkeer in die ontwikkelingsgang van die regsgemeenskap. Die wese van die staat het dan vol- gens hom te doen met reg, maar sy taak is meer as suiwere regshandhawing. Wat onrus verwek en die orde versteur, moet uit die openbare lewe verwyder word, en die behoefte aan orde en reëlmaat wat die staat moet bevredig, lê nie net op die juridiese nie, m aar ook op die ekonomiese, sosiale en kultu- rele terrein.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 845
Total article views: 914

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.