Original Research

Monetêre beheer oor die probleem van inflasie*

M. D. Marais
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 33, No 2 | a1356 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v33i2.1356 | © 1965 M. D. Marais | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1965 | Published: 07 February 1965

About the author(s)

M. D. Marais,, South Africa

Full Text:

PDF (304KB)

Abstract

Gedurende 1965 is ons ekonomie gekenmerk deur: a) ’n Skerp styging in invoere, soos weerspieël in die feit dat gedurende die eerste sewe maande van 1965 invoere Rl,055 miljoen bedra het vergeleke met R856.8 miljoen die ooreenstemmende tydperk verlede jaar — ’n styging van byna R200 miljoen. In die afwesigheid van beperkende invoerbe- heermaatreëls sou invoere gedurende 1965 in totaal waarskyn- lik die ontsettende syfer van byna R2.000 miljoen bereik het. b) Ten tweede is ons ekonomie gekenmerk deur ’n da­ ting in uitvoere. Die uitvoer van goedere (goud en her-uitvoere uitgesluit) het in die eerste sewe maande van 1965 slegs R537.5 miljoen bedra vergeleke met R559.2 miljoen in die ooreen­ stemmende tydperk verlede jaar — ’n daling van ongeveer R22 miljoen. Dié daling kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die volgende faktore:
(i) Die droogte-toestande oor wye dele van ons land.
(ii) Dalende pryse vir grondstowwe op wêreldmarkte; en
(iii) Maklike en winsgewende afset vir plaaslike nywerheids- produkte op die tuismark wat veroorsaak het dat daar by te veel nyweraars ’n mate van traagheid ontstaan het om die moeiliker en meer mededingende buite- landse markte te betree of uit te bou.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 904
Total article views: 1033

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.