Original Research

Die uitdaging van die natuurwetenskap in ons tyd

C. v. d. Merwe Brink
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 36, No 5 | a1318 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v36i5.1318 | © 1969 C. v. d. Merwe Brink | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1969 | Published: 07 February 1969

About the author(s)

C. v. d. Merwe Brink,, South Africa

Full Text:

PDF (226KB)

Abstract

Gedurende die eerste 50 jaar van hierdie eeu het die natuurwetenskappe meer bereik as gedurende al die eeue van die menslike bestaan. Die mens se gemiddelde lewensverwagting is met 20 jaar opgestoot en hy het tot sy beskikking gekry elke denkbare meganiese en elektroniese fasiliteit vir sy gemak en gerief en hy beskik oor kommunikasiemiddels wat aan die begin van hierdie eeu as onmoontlik beskou is. Dit is byna ’n versoeking om te wil byvoeg dat die afgelope 20 jaar se natuurwetenskaplike ontwikkeling en vordering dié van die voorafgaande 50 jaar in die skadu stel. Die afgelope twee jaar alleen het twee hoogtepunte in hierdie natuurwetenskaplike prestasiewedloop gelewer wat alle ander op die agtergrond geskuif het — ek verwys hier na die eerste geslaagde oorplanting van ’n menslike hart en die eerste suksesvolle maanvlug. Voeg ons hierby die vooruitsig om eersdaags mense op die maan te land, kernkrag vir die ekonomiese opwekking van elektrisiteit en die grootskaalse ontsouting van seewater, weervoorspellings van weke vooruit, reusestraiers (1,000 passasierklas) teen klanksnelheid, laserstrale wat 100-miljoen telefoonoproepe en 10-miljoen televisiekanale gelyktydig kan dra, en u sal saamstem dat ons ’n soort natuurwetenskaplike rewolusie belewe. As dit onmoontlik geword het vir enige natuurwetenskap­ like om tred te hou met die vakliteratuur en al die ontwikkelings op sy eie vakgebied en dit vir hom buite die kwessie is om by benadering kennis te dra van die snelle vordering op al die verwante vakterreine — hoe moeilik moet dit nie vir diegene buite hierdie vakgebiede wees om te verstaan wat die natuur­wetenskaplike wil en waarheen hy op pad is nie? Begryplikerwys word dit vir hierdie twee groepe al hoe moeiliker om mekaar se taal te verstaan.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 888
Total article views: 658

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.