Original Research

Die menslike liggaam as fisiologiese eenheid*

P. J. Pretorius
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 36, No 1 | a1270 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v36i1.1270 | © 1968 P. J. Pretorius | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1968 | Published: 07 February 1968

About the author(s)

P. J. Pretorius,, South Africa

Full Text:

PDF (584KB)

Abstract

Die menslike liggaam is ’n fisiologiese eenheid wat uit ongeveer 12 miljard sub-eenhede, die lewende selle saamgestel is. Elke individuele sel kan beskou word as ’n lewende eenheid, om dat elkeen m eeste of al die fisiologiese lewenskenm erke van die geheel soos prikkelbaarheid, geleidingsvermoë, energietransformering en voortplanting vertoon. Die eenheid van die lewende sel kom tot stand om dat talryke biochemiese en biofisiese prosesse van molekules en selorganelle en boueenhede van die sel noukeurig beheer word. Die funksies van die selle word in die weefsels en organe só gekoordineer dat ’n volgende vlak van eenheid m et wyer omvang tot stand kom. Die afsonderlike funksies van die weefsels en organe word op hul beurt w eer gekottrdineer en geïntegreer in die groter geheel van die eenheid van die liggaam, waarbinne die voortbestaan en optimale funksionering van elkeen van die lewende onderdele verseker word. Terwyl elke sel dus die voordeel van die instandhouding van die geheel as eenheid geniet, dra d it op sy beurt weer aktief by om die voortbestaan en doeltreffende funksionering van die geheel moontlik te maak.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1143
Total article views: 4985

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.