Original Research

’n Literêre aspek van ons Latynse erfenis

P. D. van der Walt
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 39, No 4 | a1268 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v39i4.1268 | © 1974 P. D. van der Walt | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1974 | Published: 07 February 1974

About the author(s)

P. D. van der Walt, PU vir CHO, South Africa

Full Text:

PDF (371KB)

Abstract

Dit is die Romeine, en by name die veldheer Julius Casesar en sy legioene, wat die “Insula Batavorum” uit die mistige skemering van die prehistorie gehaal het kort voor die begin van die Christelike jaartelling. Hierdie “eiland van die Bataviere” moet verstaan word as die gebied tussen die Waal en die Ryn — die kern van die Lae Lande by die See, die latere staat Nederland. Die Bataviere was een van die baie Germaanse stamme, die ou bewoners van Noordwes-Europa, teen wie die Romeine gestuit het in hulle veroweringstogte. Volgens die Latynse geskiedskrywer Cornelius Tacitus was hulle gedugte vegters maar het vroeg ’n bondgenootskap met die Romeine aangegaan — hoewel daar ook in die verwarring wat in die Ryk gevolg het op die dood van Nero (68 nC), ’n mislukte opstand van die Bataviere was onder leiding van Cajus Julius Civilis.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 895
Total article views: 848

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.