Original Research

Verbonde literatuur in afrikaans

P.D. van der Walt
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 39, No 1 | a1257 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v39i1.1257 | © 1974 P.D. van der Walt | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 06 February 1974 | Published: 06 February 1974

About the author(s)

P.D. van der Walt,, South Africa

Full Text:

PDF (403KB)

Abstract

Litterature engagée is ’n veel voorkomende frase in geskrifte en gesprekke oor die letterkunde van ons tyd. Ons vertaal hierdie Franse sinsnede gewoonlik as „verbonde literatuur”, soms ook as „betrokke letterkunde”. Daarmee benoem ’n mens dan ’n spesifieke soort woordkuns, te wete dié wat heel opvallend na onderwerp of tema bemoeienis maak met die politieke, sosiale, ekonomiese toestande, gewoonlik wantoestande, van sekere groepe of klasse mense of hele bevolkingsdele. Dit gaan om die welsyn, of gebrek daaraan, van ’n gemeenskap, dus ’n kollektiewe ideaal of belang, al werk die Iiteratuur by voorkeur uiteraard met die beelding van die konkrete enkeling. Daardie individu in die verbonde Iiteratuur is altyd in ’n mindere of meerdere mate simbool van ’n groep, ’n klas, ’n volk.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 1049
Total article views: 1605

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.