Original Research

Eugenetika en die medies-genetiese behandeling van die mens (IV)

H. W. Hizeroth
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 41, No 1 | a1232 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v41i1.1232 | © 1976 H. W. Hizeroth | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 06 February 1976 | Published: 06 February 1976

About the author(s)

H. W. Hizeroth,, South Africa

Full Text:

PDF (368KB)

Abstract

Die regverdiging van baie van die medies-genetiese navorsing m b t voortplanting by die mens (vgl Deel II), is gegrond op die argument dat die bekamping van ’n algemene medies-sosiale euwel soos onvrug- baarheid dit noodsaak. Dié toegepaste medies-genetiese navorsing sal naamlik uiteindelik — so word aangevoer — die vooruitsigte ter oorkoming daarvan verbeter, of as altematief, die manipulasie as sodanig is reeds die oplossing waardeur die onvrugbaarheid te bowe gekom word (vgl fetusoorplantings). Die omstrede mediesgenetiese optrede word dus deur die voorstaanders daarvan geregverdig deur- dat hulle daarop wys dat individuele egpare ’n basiese reg op eie kinders sou he. Egpare wat vanweë onvrugbaarheid nie in daardie ver- meende reg deel nie, sou dus teenoor die gemeenskap aanspraak op oorkoming van hulle probleme kan maak.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 909
Total article views: 1050

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.