Original Research

Die vryheidsbegrip van Pierre Teilhard de chardin in the phenomenon of man*

P. T. Lotz
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 42, No 3 | a1208 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v42i3.1208 | © 1977 P. T. Lotz | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 06 February 1977 | Published: 06 February 1977

About the author(s)

P. T. Lotz,, South Africa

Full Text:

PDF (247KB)

Abstract

Ek hou vol dat die wêreld op vryheid gebaseer is” , sê Teilhard de Chardin en verduidelik voorts dat idles wat vry is, selfs by die mens, gereduseer kan word tot ’n gegewe aantal gedetermineerdhede (De Chardin, 1966:122). Vir horn is die vryheid wat voortspruit uit die wetmatige ontplooiing van die natuur, ’n triomfantelike manifestasie van die vindingrykheid van die lewe1). ’n Voorbeeld van hierdie vryheid binne die teleologiese ontwikkelingsgang van die natuur is die manier waarop nuwe vorme van lewe tot stand kom deur ’n proses van rondtasting2). Elke mutasie is toevallig en vry, onverskillig teenoor beide toekoms en eenheid, maar tog, deur ’n proses van natuurlike seleksie, leef net dié voort wat die verdere ontwikkeling en voortbestaan van die spesie bevoordeel. Dit is ook Teilhard se verklaring van die verskeidenheid vorme op elke trap van die evolusionêre leer, en sy verklaring van hoe daar van een trap na die ander oorgeskakel word.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 856
Total article views: 773

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.