Original Research

Die verifikasieprobleem in die opvoedkunde

J. L. van der Walt
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 43, No 2 | a1159 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v43i2.1159 | © 1978 J. L. van der Walt | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 04 February 1978 | Published: 04 February 1978

About the author(s)

J. L. van der Walt,, South Africa

Full Text:

PDF (292KB)

Abstract

Dit behoef geen lang en ingewikkelde betoog om weer die belangrikheid en die ingewikkeldheid van die verifikasieprobleem hier te stel nie: trouens, elke wetenskaplike het al op die een of ander wyse te doen gekry met die probleem van waarheid en verifikasie in die loop van die beoefening van sy besondere wetenskap. ’n Oorsig van die geskiedenis van die wetenskap bring veral een saak sterk op die voorgrond, naamlik dat daar tussen kennis en waarheid ’n besonder noue samehang bestaan, dermate dat dit selfs gesê kan word dat kennis nie sonder waarheid bestaan nie. As die sekerheid van die waarheid ontbreek, kan daar nie van kennis gepraat word nie, maar hoogstens van vermoede, mening (Gr. doxa) of waarskynlikheid (Spier, 1950:148). Anders as denke is kenne altyd op die een of ander wyse op die waarheid betrokke (Spier, 1950:129).

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 900
Total article views: 830

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.