Announcement

Prof. dr. H.G. Stoker (4 April 1899 - 16 Mei 1993)

N. T. van der Merwe
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 58, No 3 | a697 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v58i3.697 | © 1993 N. T. van der Merwe | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 24 January 1993 | Published: 25 January 1993

About the author(s)

N. T. van der Merwe, Emeritusprofessor Dept. Filosofie Potchefstroomse Universiteit vir CHO Pothefstroom, South Africa

Full Text:

PDF (172KB)

Abstract

Toe op 4 April 1899 te Johannesburg vir Pieter Stoker en Leentje Nienhuis 'n seun gebore is, sou niemand van die familie kon vennoed dat een van die oorspronklikste wysgere van die twintigste eeu in die wieg lê nie. Tot standerd 8 was Hendrik Gerhardus 'n leerling aan die Duitse skool in Johannesburg en daama aan die Potchefstroomse Gimnasium, waar hy in 1916 (eerste klas) matrikuleer. Begaafde onderwysers aan albei instellings het onmiskenbare vormende invloed op sy persoonlikheid gehad, soos 00k sy dosente aan die Literariese Departement van die Teologiese Skool op Potchefstroom, waar hy in 1917 die sogenaamde ‘Intermediate’ en in 1919 die B.A. graad aan die PUK. vir CHO met Sielkunde, Logika, Hollands, Engels, Latyn en Grieks as vakke in die finale eksamen verwerf. Twee jaar later word die M.A. graad in filosofie met onderskeiding deur UN1SA aan horn toegeken. Die jong student was bevoorreg dat onder andere dr. J.D. du Toit (Totius) wat die wysgerige klimaat in Nederland uit eie ervaring geken het, oorreed kon word oin 'n bepaalde aandeel aan sy vonning in die filosofie te neem. Op aandrang van sy vader verwerf hy ook die destydse O.I onderwysdiploma sodat, al is daar nie 'n olywepers soos vir Thales in 011 Griekeland in vooruitsig nie, daar darem vir 'n toekomstige filosoof 'n venster op brood en botter geopen mag wees!

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 927
Total article views: 790

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.