Original Research
Principal succession: The socialisation of a primary school principal in South Africa
Submitted: 21 September 2012 | Published: 17 May 2013
About the author(s)
Gertruida M. Steyn, University of South Africa, South AfricaAbstract
Die sosialisering van ’n primêre skoolhoof in Suid-Afrika. Hierdie studie het gefokus op die sosialisering van ’n nuwe skoolhoof in ’n Suid-Afrikaanse primêre skool met ’n sterk Christelike kultuur. Hy is aangestel toe sy voorganger ná meer as twee dekades afgetree het. Die konseptuele raamwerk, wat gebruik is om die bevindinge te interpreteer, het op die drie fases van sosialisering gefokus, naamlik professionele sosialisering, organisatoriese sosialisering en beroepsidentiteit. ’n Kwalitatiewe ondersoek na die skoolhoofopvolgingverskynsel in die bepaalde skool is in twee fases gedoen. Die data-insamelingsmetodes het ’n aantal onderhoude met die skoolhoof, ’n fokusgroeponderhoud met personeellede wat ook onder leierskap van die vorige skoolhoof gewerk het en individuele onderhoude met personeellede ingesluit. Tydens die data-analise het die volgende kategorieë na vore gekom: Herinnering aan die vorige skoolhoof: ‘’n Mens sien Mnr X [die voorganger] oral’; Aanvaarding en oriëntasie: ‘Ek het dit aanvanklik intimiderend gevind’; en Immersie en hervorming: ‘Leisels wat voorheen ’n bietjie slap was, het hy nou styfgetrek’.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 1671Total article views: 4735
Reader Comments
Before posting a comment, read our privacy policy.Post a comment (login required)
Crossref Citations
1. Transformational Learning Through Teacher Collaboration: a Case Study
Gertruida Steyn
Koers - Bulletin for Christian Scholarship vol: 82 issue: 1 year: 2017
doi: 10.19108/KOERS.82.1.2220