Original Research

Psigologiese benadering van pastorale arbeid

D. J. Strümpfer
Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap | Vol 36, No 4 | a1303 | DOI: https://doi.org/10.4102/koers.v36i4.1303 | © 1969 D. J. Strümpfer | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 February 1969 | Published: 07 February 1969

About the author(s)

D. J. Strümpfer,, South Africa

Full Text:

PDF (399KB)

Abstract

In die spreektaal van ons Afrikaanse kerke is ons lief om die bedienaar van die Woord aan te dui as „die predikant”, „die leraar” of „die dominee”. Miskien plaas ons met hierdie semantiese gebruik van terme wat lering en proklamering impliseer, ’n ongelukkige klem op die preekamp. Daarteenoor, het ons semanties miskien iets te leer van die Pinkstersektes wat die benaming „pastoor” verkies, of die Amerikaanse ge­ bruik van die term „the pastor”. Ons is wel lief om te praat van „ons herder en leraar”. Veelal word die herderlike, of pastorale, deel van die taak van die bedienaar van die Woord egter in sy eie gedagtes, asook in die gedagtes van sy gemeentelede, deur die leraarskap op die agtergrond gedwing. Al te dikwels word hy deur gemeentelede beskou as iemand wat op Sondag op die kansel gesien moet word en wat niks met die res van hul lewens te doen het nie. Herstel van die pastoraat sal deel moet wees van die proses om die ontkerstening van die hedendaagse lewe teen te gaan.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 906
Total article views: 1028

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.